Hierdie is opgedra aan almal wat al ooit gebraaide polonie moes ruik, of nog erger, eet. Opgedra aan almal wat in hulle cozzis moes le in volle aansig van die maer, rooi oom in die karavaan langsaan. Die maer rooi oom wie se kinders die drie ander vrouens (wat almal uit dieselfde karavaan peul in die oggend) "antie" noem en Coke drink asof dit hulle eendag gaan red van vals tande. Opgedra aan almal wat al probeer laag le het op die agterste sitplek van n groen Cortina (om weg te kruip vir die ryk kinders) en toe mid hobbel ontdek dat die sitplek eintlik n plastiek bedekte trampolien is. 'Op' gedra soos my nefie se wit moccasins...Kommin op soveel vlakke. My broer het uiteindelik die mocassins geerf en sodoende die kommin streep laat trek van Pretoria terug na Johannesburg toe. Soos 'join the dots'...Klein stukkies kommin wat van generasie tot generasie oorgedra word soos n virus en verhoed dat die stam nooit heeltemal uitgewis kan word nie. Selfs die posh tannies wat elke Dinsdag hulle stywe lippe gaan span om n glas Cristal het iewers in die familie n Tretchikoff kind wat huil teen n vuil muur...Almal vermy kommin en ontken kommin maar kommin is slimmer as dit. Kommin lag vir Ebola en min ontsnap kommin se kake so wees gewaarsku dat kommin jou wel sal vind.
Hier volg die hoof stamme:
*Kommin Suide. Die 'killer' stam. Onuitwisbaar. Almal in die Suide het n bree kommin streep, selfs die rykes.
Die maklikste manier om hierdie stammelinge uit te ken is aan hulle swart, drie verdieping tekkies. Dink swart tekkies met n sool (so dik soos n halwe brood) wat in plek gehou word met staal stukke wat dit laat lyk of die knaap op n hark getrap het. Dit word gewoonlik deur mans met klein mannetjie sindroom gedra wie se asems stink na USN poeier. Die suisies (meisies van die Suide) dra pers kant. Bo-oor alles.
Mense van die Suide is kommin maar eintlik redelik skadeloos...Dis die latte van die Weste wat vir jou gaan bl*ksem so kom ons leer hoe om hulle te herken en te vermy.
* Kommin Weste. Die 'baster' stam. Tweede sterkste stam en tuisgronde van die mullet.
Hierdie stam speel kaalvoet darts en maak n lewe deur maandeliks artikels aan die Huisgenoot te verkoop. As daar geen skandes is nie, vou een ou summier n supermark trollie om sy tjom se kop en so was die een hand die ander een. Hier d*nner pelle mekaar so vreemdelinge soos Jurie Els moet maar liefs sy GPS vra om hom op n ompad deur Diepsloot te stuur. Alle huise het vistenks wat die kinders laat grootword met n dom, oopmond uitdrukking wat misreken word vir n arrogante, uitdagende houding. Dit veroorsaak natuurlik dan dat hulle mekaar makliker m*er en ook dat spoeg in hulle mondhoeke opdam. Vrouens bly bedags binne en raak dronk op papsak en Egoli terwyl die mans buite highlights in hulle hare probeer brand maar uiteindelik net opeindig met n rooi gesig.
* Kommin Ooste. Die 'afstammelinge'. Op die oppervlak het sommiges die kommin onstnap maar met hulle gereelde dronk word sessies kruip die kommin stadig weer uit.
Die 2% van hulle wat nie 'n glips gehad het in Standerd 7 nie, kruip weg in Johannesburg of Pretoria en ontken dat hulle van die Oosrand af kom. Hulle poep in publiek en blameer dit dan op n beskadigde kolon agv al die mynhoop afglyery op n Checkers karton doos toe hulle kinders was. Van die min wat al ooit in 'n staatsteater was was helfte daarvan by die staatsteater in Springs. Dit tel ongelukkig nie aangesien die kurator dink dat Particia Lewis tel as Opera. Gebraaide polonie reuk hang hier dik in die lug en enige stuk teer met meer as 3m spasie aan elke kant het n donut op.
*Kommin Noorde. Die Tretchikoffs. Verbloemde kommin.
Hier word kinders se dwelm gewoontes by tee partytjies verbloem deur die feit dat die volwassenes self dronk is en nie regtig omgee of die kind in Bez Valley opeindig of nie. Elke tweede een het n affair met iemand van die bogenoemde klasse wat impliseer dat hulle inherente kommin hunker na ledige ure gevul met pap tert en Black Label...Swak smaak word verbloem deur binneshuis versierders en style gurus en neuse wat bietjie ingeteel lyk word summier geruil vir n beter een by die naaste plastiese chirurg. Motorhuise word kiste vir kommin en saans ry lang slap karre met kitch nommerplate soos "bmw" (duh...) en "princess" (van jou eie townhouse miskien, ja...) skeef-skeef verby pink poefs wat wegkruip van die Joneses diep in 'n donker hoek...
In South Africa today security plays a vital part in any business or private home. This book and the volumes to follow, will guide you step by step through the essential precautionary measures to be taken in protecting your family and valuables. From employing security guards, evacuation of your site and security measures to burglar bars and alarms in your private home.
a Book compiled by me from experience gained after 10 years in the security industry as Industrial relations officer with Nosa qualifications, 1st Aid, fire protection and also S.O.B. grade A.