0-9 -
A -
B -
C -
D -
E -
F -
G -
H -
I -
J -
K -
L -
M -
N -
O -
P -
Q -
R -
S -
T -
U -
V -
W -
X -
Y -
Z
Imogan
Member for 1 year 5 months 3 weeks 2 days 8 hours More about Imogan
Toe staan ek voor jou, afgestof, blinknuut, gesig gedraai na die sonkant toe.
Woorde en letters en gedagtes vol drome kolk en draai in my, deur my, en vul my wese totdat dit uitspat, oorspoel in die leivoor van my hart, om die versugting van my siel nat te lei...
Jy weet nie van my nie. My wêreld is my eie, my binnetoe hawe, waar ek vasanker aan myself en my drome, daar waar my menswees veilig is.
Tog is ek 'n refleksie in jou spieël, daar waar jy my kan sien, maar nie aan my kan raak nie...
Waar ek kaalvoet dans in poele maanskyn, beweeglik, vloeibaar soos silwer kwik, met my hart wat brand, my siel wat hunker, arms uitgestrek, omhoog, om visioene aan te gryp en dit myne te maak.
Jy ken my nie, maar EK is ook JY. Eenders, en tog ook uniek anders...
Ek gee jou 'n blik, 'n inkyk in myself, in "ek", (maar ek behou kopiereg op alles wat ek verwoord en op al my werk).
Soos altyd...
IMOGAN
My Mabooki friends
|